Botterskorsiesop sal altyd ’n gunsteling bly. Probeer gerus hierdie botterskorsiesop met klappermelk
Bestanddele
6 porsies
klont botter
1 ui, gekap
2 selderystingels, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
7 ,5 ml (1½ t) matige kerriepoeier
1 kg botterskorsies, geskil,
pitte verwyder, in blokkies gesny
750 ml (3 k) groente-aftreksel
400 g (1 blik) klappermelk
sout en varsgemaalde swartpeper
LEES OOK: Spek- en- sampioensop
Metode
- Smelt botter en soteer ui daarin tot sag. Voeg seldery en pietersielie by en soteer nog drie minute.
- Gooi kerriepoeier en botterskorsie by bestanddele in kastrol. Roerbraai vir twee minute.
- Voeg aftreksel by en verhit tot kookpunt. Draai stoofplaat se hitte laer en prut oor matige hitte tot botterskorsie sag is, ongeveer 40 minute.
- Laat effens afkoel en verpulp botterskorsiemengsel met handmenger tot glad.
- Voeg klappermelk by. Geur na smaak met sout en peper. Verhit weer tot deurwarm.
- Sit warm voor soos verkies.