As jy ’n warmer botterskorsiesop wil hê, kan jy nog brandrissie bygooi!
4 porsies
Bestanddele
600 g botterskorsie
bietjie olie
sout en peper
5 ml (1 t) gedroogde brandrissievlokkies
2,5 ml (½ t) paprika
1 ui, gekap
bietjie olie
5 ml (1 t) fyn knoffel-en-gemmer- mengsel
10 ml (2 t) kerriepoeier
1 ℓ (4 k) hoenderaftreksel
125 ml (½ k) room
Metode
Verhit oond tot 180 ˚C.
- Plaas botterskorsies op bakplaat. Sprinkel met olie, sout, peper, brandrissievlokkies en paprika.
- Bak botterskorsies tot sag en karamelkleurig.
- Braai ui in groot kastrol met bietjie olie tot sag. Roer knoffelen- gemmer-mengsel en kerriepoeier deur tot geure begin loskom.
- Gooi botterskorsie en aftreksel by uie en bring tot kookpunt. Verpulp met staafmenger.
- Bring sop weer tot kookpunt, geur met sout en peper. Roer room by.
- Bedien met lekker vars brood.