Maak hierdie heerlike botterhoender vir aandete!
4 porsies
groot klont botter
600 g hoenderborsies, in blokkies gesny
7,5 ml (1½ t) fyn garam masala
5 ml (1 t) fyn gemmer
7,5 ml (1½ t) fyn koljander
7,5 ml (1½ t) fyn komyn (cumin)
20 ml (4 t) koekmeel
250 ml (1k) warm hoenderaftreksel
2 ml droë gemengde kruie
410 g (1 blik) tamatiepuree
2 ml sout
peper na smaak
250 ml (1 k) Griekse jogurt
250 ml (1 k) room
- Smelt botter in braaipan en braai hoenderstukkies bietjies op ’n slag tot gaar.
- Voeg garam masala, gemmer, koljander en komyn by. Roerbraai vir twee minute sodat geure kan ontwikkel. Roer koekmeel ook by tot goed gemeng.
- Meng hoenderaftreksel, kruie, tamatiepuree, sout en peper en giet by hoender in braaipan.
- Sit braaipan se deksel op en laat kook oor matige hitte vir 20 minute.
- Roer jogurt en room by en laat deurwarm word. Moenie dit laat kook nie, anders sal dit skif.
- Sit voor saam met rys of soos verkies.