Hierdie is my tannie Elsje se botteraartappel-resep. Jy kan meer botter gebruik as wat die resep sê, dis die geheim!
4 porsies
Bestanddele
4–6 groot aartappels, geskil
125 ml (½ k) koekmeel
125 g (½ k) botter
60 ml (¼ k) kookolie
sout en peper
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Sny aartappels in wiggies of kwarte.
- Rol in koekmeel en sit in diep oondbak.
- Smelt botter en voeg olie by. Gooi oor aartappels.
- Bak vir 40 minute. Draai en bedruip aartappels elke 15 minute. Geur met sout en peper.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.