Dis spesiaal om jou eie produkte te bottel en vir later te hou. Gemarineerde kekerertjies kan op vele maniere geëet word
Foto ANDREA CALDWELL
Gemarineerde kekerertjies
4 porsies
BESTANDDELE
80 ml vars suurlemoensap
250 ml olyfolie
15 ml (1 e) vars basiliekruid, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
5 ml (1 t) vars tiemie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel
skil van 1 suurlemoen
sout en peper
2 blikkies kekerertjies, gedreineer
METODE
1 Meng suurlemoensap, olie, kruie, knoffel, skil, sout en peper.
2 Roer kekerertjies by kruiemengsel.
3 Gooi in groot glasbottel en bêre vir tot ’n maand in yskas.
WENK
Gooi dit oor jou slaai of sit dit saam met kaas en beskuitjies voor
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.