ongeveer 12 muffins
Bestanddele
2 eiers
125 ml (½ k) strooisuiker
625 ml (2½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
knypie sout
250 ml (1 k) lou melk
90 ml (6 e) olie
410 g (1 blik) pere, gedreineer en gesnipper
125 ml (½ k) gedroogde bosbessies
50 g (½ pakkie) pekanneute, fyn gekap
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Klits eiers en strooisuiker tot liggeel.
2. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout.
3. Meng melk en olie. Meng meelmengsel en melkmengsel beurtelings by eiermengsel tot gladde beslag.
4. Meng pere en bosbessies by beslag.
5. Skep beslag in muffinpannetjies wat met muffinpapiertjies gevoer is. Moenie papiertjies meer as ¾ vol skep nie.
6. Sprinkel pekanneute bo-oor en bak vir 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.