Bederf pa met boerewors-stokbrood – jy kan dit braai of in die oond bak!
6–8 porsies
Bestanddele
6 x 120 g-stukke gaar boerewors
gekoopte brooddeeg
SOUS
1 ui, gekap
bietjie olie
420 g (1 blik) uie-en-tamatie-smoor
5 ml (1 t) kerriepoeier
1 lourierblaar
Metode
Stel oond op 180 °C of kole met matige hitte.
- Rol brooddeeg in lang worsie, omtrent dikte van jou vinger en druk effe platter.
- Steek stokkie deur onderpunt van boerewors.
- Begin bo en draai brooddeeg om wors.
- Plaas op kole of in oond en braai. Draai af en toe tot deeg gaar is.
- Sous Braai ui in olie tot sag. Giet blikkie tamatiesmoor en geurmiddels by en kook vir 15 minute.
- Bedien saam met stokbrood.