6 porsies
Betsanddele
bietjie olie
800 g klein boereworsies
125 g (½ pakkie) spek, in blokkies
2 uie, fyngekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
500 g (2 x 250 g-pakkies) sampioene, gehalveer
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) warm beesvleisaftreksel
5 ml (1 t) paprika
1 ml sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) suurroom
125 ml (½ k) gevriesde klein ertjies
150 g (1 pakkie) vars klein mielies
Metode
1 Verhit olie en braai boereworsies tot gaar. Verwyder uit braaipan en sny worsies los van mekaar. Laat eenkant tot benodig.
2 Braai spek, uie, knoffel en kruie tot ui sag is.
3 Voeg sampioene by en soteer 4 minute tot sampioene sag is.
4 Sprinkel koekmeel bo-oor bestanddele en roer tot bedek.
5 Voeg beesvleisaftreksel by en roer tot sous glad is.
6 Meng paprika, sout en swartpeper by suurroom en voeg ook by bestanddele in braaipan.
7 Skep boerewors, klein ertjies en klein mielies by. Verhit tot deurwarm.
8 Sit voor soos verkies.