‘n Heerlike bobotiepasteiresep vir ’n besige weeksaand
• 6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
800 g beesmaalvleis
20 ml (4 t) kerriepoeier
5 ml (1 t) sout
1 ml swartpeper
30 ml (2 e) blatjang
15 ml (1 e) fyn appelkooskonfyt
15 ml (1 e) worcestersous
5 ml (1 t) borrie
15 ml (1 e) bruinasyn
125 ml (½ k) sultanas
3 snye vars witbroodkrummels
125 ml (½ k) volroommelk
Afronding
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
bietjie melk
1 eier
Metode
• Stel oond op 200 °C.
1 Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
2 Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
3 Voeg kerriepoeier, sout, peper, blatjang, appelkooskonfyt, worcestersous, borrie en asyn by. Roer goed.
4 Voeg sultanas by en prut vir 10 minute oor matige hitte.
5 Verwyder brood se korsies en week in melk vir twee minute. Voeg brood en melk by maalvleismengsel.
6 Skep bobotiemengsel in ronde oondbak met 22 cm-deursnee.
7 Afronding Rol skilferkorsdeeg oor oondbak en sny oortollige deeg wat oor kante hang af. Druk deeg op kante van oondbak vas.
8 Klits melk en eier saam. Verf met koskwassie oor skilferkorsdeeg.
9 Bak vir 35 tot 40 minute of tot goudbruin bo-op.