Daar is min dinge so lekker soos ’n samoesa. Maak dit met ‘n lekker bobotievulsel
16 samoesas
Bestanddele
bietjie olie
1 klein ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) knoffel, fyngedruk
200 g maalvleis
10ml (2 t) kerriepoeier
2,5 ml (½ t) appelkooskonfyt
sout en peper
3–4 velle fillodeeg
gesmelte botter
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Verhit olie en braai ui en knoffel tot sag. Skep uit en hou eenkant.
- Voeg nog bietjie olie by en braai maalvleis tot gaar.
- Skep uie terug by maalvleis en gooi kerriepoeier by. Braai tot geure loskom.
- Voeg appelkooskonfyt, sout en peper by.
- Sny fillovel in 6 cm-stroke. Verf goed met botter.
- Skep van maalvleismengsel in hoekie van deeg. Vou deeg om vleis sodat dit ’n driehoek vorm.
- Verf buitekant ook met botter en bak vir 10–15 minute of tot goudbruin.