Bitter min mense hou van die winter, maar dié hot toddy-resepte met Freshpak Rooibos gee jou ‘n verskoning om lekker knus in die huis met ‘n boek onder ‘n kombers op te krul.
- Heuning met anti-bakteriese, anti-virale en anti-mikrobiese eienskappe wat infeksies teëwerk.
- Kaneel met anti-inflammatoriese, anti-bakteriële en anti-oksiderende eienskappe.
- Sitrus – Lemoene en suurlemoene is uitstekende bronne van vitamien C, wat die liggaam help om bakteriële infeksies hok te slaan.
- Gemmer – bevat sterk anti-oksiderende, anti-inflammatoriese en anti-mikrobiese eienskappe.
Rooibos-en-lemoen- hot toddy (Genoeg vir 1)
Freshpak Rooibos-teesakkie
250 ml kookwater
1 klein lemoenskyfie in die helfte deurgesny
4 hele naeltjies
1 e heuning na smaak
Metode
1. Sit Freshpak Rooibos-teesakkie in ‘n beker
2. Vul dit met kookwater
3. Laat dit vir 5 minute trek
4. Verwyder teesakkie
5. Druk 4 naeltjies in ‘n halwe lemoenskyfie
6. Sit die lemoenskyfie in die beker
7. Voeg heuning na smaak by
Karamel-appel- hot toddy (Genoeg vir 1)
Bestanddele
1 Freshpak Rooibos-teesakkie
250 ml kookwater
5 ml appelsider
½ klein suurlemoen
1 kaneelstokkie
2 steranys
1 skyfie gedroogde appel
1 e esdoringstroop (maple syrup) na smaak
Metode
1. Sit 1 Freshpak Rooibos-teesakkie in ‘n beker
2. Vul dit met kookwater
3. Laat dit vir 8-10 minute trek
4. Verwyder teesakkie
5. Voeg appelsider by en druk suurlemoensap in
9. Sit kaneelstokkie, steranys en gedroogde appelskyfie in beker
6. Voeg stroop na smaak by
Kruie-gemmer- hot toddy (Genoeg vir 4)
Bestanddele
4 Freshpak Rooibos-teesakkies
1 liter kookwater
5 cm-stuk gemmer, geskil en gekap
1 suurlemoen, in kwarte gesny
4 stroke suurlemoenskil
10 g neutmuskaat, gerasper, na smaak
3 e heuning, na smaak
Metode
1. Sit water en gemmerskywe in ‘n middelslagkastrol.
2. Sit 4 Freshpak Rooibos-teesakkies in ? siffie oor die kant van die kastrol en dompel dit heeltemal in.
3. Druk suurlemoensap in die kastrol en voeg die suurlemoenkwarte daarby.
4. Laat dit kook op hoogste hitte, stel dan op medium hitte sodat dit steeds borrel.
5. Voeg die gerasperde neutmuskaat by. Kook vir nog 10 tot 20 minute, totdat die mengsel ingekook is.
6. Giet dit af, verwyder die suurlemoenkwarte en gemmer.
7. Giet in vier bekers.
8. Versier met suurlemoen.
9. Voeg heuning na smaak by