Maak ’n gesonde BLT-stokkie – dit staan vir bacon, lettuce & tomato in koskringe
Porsies:
20 stokkies
200 g (1 pakkie) kersietamaties
200 g (1 pak) repies spek
80 g (1 pak) krulblaarslaai
15 ml (1 e) slaaisous
20 stokkies
1 Braai repies spek tot gaar en dreineer.
2 Sny spek in helfte.
3 Ryg een tamatie op stokkie. Ryg spek soos konsertina.
4 Gooi slaaisous oor blaarslaai en ryg ook op stokkie.
5 Herhaal proses as stokkie langer is.
LET WEL BLT staan vir bacon, lettuce, tomato. Dis ’n algemene afkorting in die koskringe
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.