Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Assistent SUZANNE CROZIER
Foto’s ELMARIE KNAPTON
Assistent SUZANNE CROZIER
Foto’s ELMARIE KNAPTON
Bloubessiekonfyt
ongeveer 500 ml
750 ml (3 k) bevrore bloubessies
375 ml (1½ k) suiker
5 ml (1 t) suurlemoensap
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
- Kook bloubessies en suiker saam in kastrol oor matige hitte tot suiker oplos. Roer gereeld.
- Voeg suurlemoensap by. Kook konfyt vir nog 15 minute vandat suiker opgelos is oor matige hitte.
- Wanneer dit ’n konfytkonsistensie bereik, is dit reg. Toets klein bietjie van konfyt op koue piering. Wanneer konfyt vorm behou en nie meer loop nie, is dit reg.
- Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by.
- Skep konfyt in klein glasbottels wat met kookwater gesteriliseer is.
- Draai deksels dadelik op.