6 Porsies
Bestanddele
500 g (4 k) bloubessies
500 ml (2 k) suiker
45 ml (3 e) water
1 Liter (4 k) room
500 ml (2 k) suiker
45 ml (3 e) water
1 Liter (4 k) room
Metode
1 Plaas bloubessies, suiker en water saam in kastrol en kook oor matige hitte tot suiker oplos. Roer af en toe.
2 Prut verder oor matige hitte vir nog 10 minute vandat suiker gesmelt is of tot bloubessies sag is.
3 Laat bloubessiesmengsel bietjie afkoel en giet deur sif om skilletjies op te vang.
4 Klits room liggies met ballonklitser (whisk) tot dit net vorm wil behou. Dit moenie styf geklits wees nie.
5 Roer bloubessies by roommengsel. Plaas in vrieskas vir twee ure. Roer deur.
6 Roer weer na 2 ure in yskas.
7 Plaas oornag in vrieskas tot goed gevries.
8 Sit voor soos verkies.

Wenke
• Skep room bo-op met nog bloubessies en mintblaartjies.
• Jy kan vir hierdie resep ook gevriesde bloubessies gebruik.