Ons almal ken pampoenpoffers, maar het jy al blomkoolpoffers gemaak?
4 porsies
Bestanddele
1 kop blomkool
125 ml (½ k) koekmeel
1 ml knoffelsout
swartpeper na smaak
1 25 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
1 eier, geklits
klont botter
bietjie olie
Metode
- Stoom blomkool vir 15 minute tot sag. Druk blomkool fyn en laat afkoel.
- Roer oorblywende bestanddele by. Plaas in vrieskas vir 15 minute.
- Vorm in middelslagballetjies en druk effens platter.
- Verhit bietjie oli e en botter.
- Braai blomkoolpoffers ongeveer vier minute aan elke kant tot goudbruin.
- Sit warm of teen kamertemperatuur voor.
Wenk
Dié dis is ideal vir ’n voorgereg