Hierdie blomkool-en-biltong-sop is lekker én gesond!
4 porsies
Bestanddele
2 koppe blomkool, in stukke gebreek.
60 ml (¼ k) botter
60 ml (¼ k) koekmeel
500 ml (2 k) melk
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
3 tiemietakkies
1 lourierblaar
5 ml (1 t) knoffelsout
180 ml (3/4 k) fyn biltong
Metode
Stel oond op 180˚C.
- Pak blomkool op oondpan en sprinkel met bietjie olie, sout en peper.
- Bak tot sag en effe bruiner.
- Smelt botter in groot kastrol en voeg meel by. Gooi melk bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend tot gladde sous vorm.
- Gooi res van aftreksel, kruie en knoffelsout by. Laat kook tot dik.
- Gooi blomkool by sopmengsel en verpulp met stokmenger. Laat weer kook.
- Gooi fyn biltong by en roer deur.
- Sprinkel nog biltong op sop met paar teelepels room vir garnering.
- WENK Gebruik droë, fyn koedoebiltong vir ietsie ekstra