Maak ’n heerlike biltongsouttert met skyfies as ’n kors en biltong as vulsel
1 tert
Bestanddele
1 klein ui
1 groot pak skyfies, biltonggeur
150 g biltong, gekerf
125 ml (½ k) kaas, fyngerasper
2 pikantrissies (peppadews), gesnipper
4 groot eiers
180 ml (¾ k) room
180 ml (¾ k) melk
5 ml (1 t) vars pietersielie
sout en peper na smaak
Metode
Verhit oond tot 180°C en smeer ’n 27 cmtertbak met botter.
- Sny ui in fyn blokkies en braai tot sag.
- Druk skyfies in pak fyn en bedek bodem van tertbak daarmee.
- Pak uie bo-op skyfies, gevolg deur laag biltong.
- Strooi kaas en pikantrissies bo-oor biltong.
- Klits eiers, room, melk en pietersielie saam en geur met sout en peper. Gooi versigtig oor vulsel.
- Bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar. Bedien warm.
Wenk!
Die biltong kan met enige vulsel van jou keuse vervang word