Biltong is ’n Suid-Afrikaanse gunsteling. Probeer hierdie biltongsop-resep die naweek
4 porsies
Bestanddele
100 ml botter
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
knypie neutmuskaat
2,5 ml (½ t) fyn koljander
2,5 ml (½ t) fyn komyn
knypie naeltjies
30 ml (2 e) koekmeel
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) melk
125 ml (½ k) room
60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) fyn biltong
45 ml (3 e) brandewyn
ekstra kaas en biltong vir bo-op
Metode
- Smelt botter en braai ui en knoffel tot sag.
- Gooi speserye by en braai tot geure loskom.
- Gooi koekmeel by en roer goed.
- Gooi aftreksel stadig by en roer. Gooi melk en room by en laat kook tot dik.
- Skakel hitte af en roer kase, biltong en brandewyn by.
- Geur met sout en peper.
- Garneer met ekstra kaas en biltong.
- Sit saam met varsgebakte brood voor.