’n Tuisgemaakte burger met uieringe smaak sommer net soveel lekkerder. Hier is die resep vir bierdeeg-uieringe
4 porsies
Bestanddele
3 groot uie
DEEG
180 ml (¾ k) koekmeel
80 ml (1/3 k) mielieblom
2,5 ml (½ t) bakpoeier
knypie koeksoda
knypie knoffelsout
1 eier
250 ml (1 k) ligte bier
olie vir diepbraai
60 ml (¼ k) koekmeel
Metode
- Sny uie in 0,5 cm-ringe. Gebruik slegs eerste 4–5 ringetjies. Bere in yskas.
- Deeg Meng droe bestanddele. Klits eier en bier vinnig by.
- Verhit olie tot 180 ˚C. Rol uieringe in 60 ml meel, doop dan in slap deeg en diepbraai in warm olie.
- Dreineer op kombuispapier en bedien dadelik.