’n Maklike resep wat enigeen soos ’n gesoute bakker laat lyk. Ryk en lekker
Deur MARELI VISSER
Bestanddele
24 porsies 410 ml (12/3 k) koekmeel
125 ml (½ k) kakao
5 ml (1 t) sout
1 60 g (2 plakke) Albanysjokolade, fyngekap
8 groot eiers
20 ml (4 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) sagte bruinsuiker
500 ml (2 k) bruinsuiker
1 60 g (2 plakke) Albanysjokolade, fyngekap
250 g botter
250 ml (1 k) stout
LEES OOK: Biltongbrood
Metode
Verhit oond tot 180 °C en voer oondpan van 28 cm x 40 cm met foelie uit.
- Sif meel, kakao en sout saam en meng met sjokolade.
- Klits eiers, vanielje en bruinsuiker tot dik.
- Smelt ander sjokolade.
- Smelt botter en meng met gesmelte sjokolade en bier.
- Meng sjokolademengsel by eiermengsel.
- Vou meelmengsel in.
- Smeer foelie met botter en gooi mengsel in.
- Bak vir 40 minute.
- Laat afkoel en sny in blokke.
Wenk
Smelt die sjokolade in die mikrogolf op lae hitte en roer dit gereeld