Soek jy iets wat vinnig en maklik om te maak is vir aandete? Hier is dit – biefstukroerbraai!
4 porsies
400 g (1 pak) rysnoedels, klaar gaar
OOSTERSE SOUS
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
60 ml (4 e) oestersous
15 ml (1 e) vissous
10 ml (2 t) bruinsuiker
30 ml (2 e) suurlemoensap
ROERBRAAI
bietjie olie
800 g biefstuk (sirloin steak)
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
3 cm vars gemmer, geskil en gerasper
2 wortels, in julienne-repies gesny
½ geel soetrissie, ontpit en in repies gesny
½ rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
2 preie, in ringetjies gesny
handvol suiker-ertjies (mange tout)
1 25 ml (½ k) vars koljander, grofgekap
- Maak rysnoedels gaar volgens aanwysing op verpakking. Hou eenkant.
- Oosterse sous Meng bestanddele saam en hou eenkant.
- Roerbraai Verhit olie en braai biefstuk aan albei kante gaar. Sny in dun skyfies.
- erhit nog olie indien nodig. Soteer knoffel en gemmer vir twee minute. Voeg wortels by en soteer vir nog twee minute.
- Voeg soetrissies, preie en ertjies by. Soteer vir drie minute.
- Skep repies vleis en rysnoedels terug.
- Roerbraai vir nog twee tot drie minute.
- Roer vars koljander by en sit warm voor.