Hierdie biefstuk met gedroogde perskes is heerlik!
6–8 porsies
Bestanddele
1,3 kg binneboud (topside-biefstuk)
bietjie olie
10 ml (2 t) fyngekapte tiemie
10 ml (2 t) fyngekapte pietersielie
10 ml (2 t) growwe sout
5 ml (1 t) varsgemaalde peper
2 uie, in kwarte gesny
200 g (1 pakkie) babawortels
100 g (1 pakkie) gedroogde perskes
100 g (1 pakkie) vars of gedroogde vye
250 ml (1 k) droë witwyn
Metode
Stel oond op 160 ˚C.
- Smeer biefstuk goed met olie.
- Meng kruie, sout en peper en smeer oor biefstuk.
- Pak uie, wortels, perskes en vye in oondbak.
- Sit biefstuk bo-op groente en gooi wyn oor.
- Maak met foelie toe en bak vir 2–3 uur.
- Maak foelie vir laaste 20 minute oop dat vleis kan verbruin.
Wenk
Gooi die sous af, roer bietjie meel by en laat kook om ’n dikker sous te maak