Hierdie biefschnitzel met sampioensous is ideaal vir banters!
4 porsies
Bestanddele
400 g Minute steaks
sout en peper
1 eier, geklits
30 ml (2 e) water
160 ml (2/3 k) amandelmeel
klapperolie
SOUS
bietjie botter
1 klein ui, fyngekap
250 g sampioene, in skyfies gesny
250 ml (1 k) room
knypie neutmuskaat
sout en peper
Metode
- Slaan biefstuk effens platter met vleishamer. Geur met sout en peper.
- Meng eier en water en doop vleis daarin, gevolg deur amandelmeel.
- Verhit bietjie klapperolie en braai vleis tot goudbruin. Hou warm.
- Sous Braai ui in bietjie botter tot sag, roer sampioene daarin en braai verder.
- Gooi room by en kook tot verdik. Roer geurmiddels by en bedien saam met vleis.