Het jy al ooit probeer om ‘n Bief Wellington te maak? Dis glad nie moeilik nie!
4–6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gerasper
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 25 g (½ pakkie) knopiesampioene, fyngekap
2 00 g (½ pakkie) bruinsampioene, fyngekap
30 ml (2 e) fyngekapte pietersielie
80 ml (1/3 k) room
sout en peper
600 g heel beesfilet
100 g (½ rol) skilferkorsdeeg
Maak ook hierdie geroosterde biefstuk
Metode
Stel oond op 200 °C.
- Braai ui en knoffel tot sag. Voeg sampioene en pietersielie by en braai verder. Voeg room by en kook tot dik. Geur met sout en peper.
- Geur beesfilet met sout en peper en braai aan albei kante vir omtrent 15 minute. Laat rus tot geen vleissappe uitloop nie.
- Smeer sampioenmengsel op skilferkorsdeeg. Plaas beesfilet in middel van deeg en rol op.
- Plaas op bakplaat en bak vir 20–30 minute of tot deeg gaar is.
- Sny in skywe en bedien dadelik.
Wenk
Tradisioneel word bief Wellington met hoenderlewerpatee gesmeer, dan ’n sampioenmengsel en laastens met pannekoeke toegevou voor die skilferkorsdeeg oorgevou word. Die pannekoeke verseker dat die deeg nie pap word as dit klaar gebak is nie.