Enige bessiesap smaak heerlik – maar iets met aarbeie is altyd ‘n sukses. Jy kan die pons maklik in grootmaat maak omdat jy altyd gelyke hoeveelhede van die hoofbestanddele gebruik ongeag van hoeveel jy maak.
Bessiewynpons
Bestanddele
500 ml rooiwyn
500 ml bessiesap
500 ml lemonade
125 g frambose
40 g granaatpitte
Metode
1 Verkoel al die bestanddele voor jy dit meng.
2 Meng die rooiwyn, sap en lemonade saam in ‘n groot beker en voeg die frambose by.
3 Skep granaatpitte in elke glas en skink die pons by.
WENK Jy kan ander bessies ook vir die pons gebruik, soos bloubessies, swartbessies of aarbeie.