6 porsies
Bestanddele
250 g gemengde bessies bv aarbeie en frambose
45 ml (3 e) strooisuiker
500 ml (2 k) room
5 ml (1 t) vanielje
497 g (1 blik) kondensmelk
Metode
- Plaas bessies en suiker in kastrol en verhit oor matige hitte tot suiker opgelos is. Laat eenkant tot afgekoel. Moenie te veel roer nie, anders breek bessies.
- Klits room en vanielje tot styf.
- Voeg kondensmelk by en klits weer tot styf. Vou afgekoelde bessies by room in.
- Voer broodpannetjie met kleefplastiek uit en giet roomys daarin.
- Vries oornag.
- Keer broodpannetjie uit, trek plastiek af en sit in skyfies voor