8 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) vars of gevriesde bessies
90 ml (6 e) strooisuiker
500 ml (2 k) room
60 ml (4 e) versiersuiker
5 ml (1 t) vanielje
397 g (1 blik) kondensmelk
SOUS
125 ml (½ k) aarbeikonfyt
30 ml (2 e) brandewyn
ekstra bessies vir versiering
Metode
1. Verhit bessies en strooisuiker in kastrol tot kookpunt. Draai hitte laer en laat prut vir 5 min. Verwyder van hitte en laat effens afkoel.
2. Klits room, versiersuiker en vanielje tot styf.
3. Klits kondensmelk by roommengsel. Plaas in vrieskas totdat dit wil begin vries.
4. Roer bessiemengsel by roommengsel tot goed gemeng.
5. Voer broodpannetjie van 8 cm x 18 cm met kleefplastiek en skep roomys daarin. Plaas in vrieskas tot hard.
6. Sous: Verhit aarbeikonfyt en brandewyn in kastrol tot kookpunt. Draai hitte laer en laat prut vir 5 min. Laat effens afkoel.
7. Sit roomys saam met aarbeisous en ekstra bessies voor.