Beet is ’n ongelooflike goeie bron van minerale en voedingstowwe en dis boonop lekker. Probeer dié lekker disse met beet. 4 porsies.
Bestanddele
6 bete
1,5 liter (6 k) groenteaftreksel
60 ml botter
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
500 ml (2 k) risottorys (arboriorys)
187 ml (¾ k) witwyn
45 ml (3 e) fyn gerasperde parmesaankaas
2 ml sout
knypie swartpeper na smaak

Metode
1 Kook beet met skil in borrelende water waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is. Laat kook tot jy beet kan deursteek, ongeveer 20 minute.
2 Laat beet bietjie afkoel en trek skille af.
3 Sny drie bete in kleiner stukke en verpulp tot glad soos puree. Kap oorblywende beet in klein blokkies. Hou eenkant.
4 Maak aftreksel en hou warm terwyl jy met risotto begin.
5 Smelt botter in kastrol en voeg ui en knoffel by. Soteer tot ui sag is, ongeveer vier minute.
6 Voeg rys by en roer met houtlepel sodat rys goed met botter bedek is.
7 Voeg wyn by en kook vir ongeveer vier minute.
8 Gooi een koppie (250 ml) van aftreksel by rys. Roer sodat rys nie aan kastrolbodem vaskleef nie. Laat aftreksel amper heeltemal wegkook, maar nie droog nie, voordat volgende koppie aftreksel bygevoeg word.
9 Wees versigtig om nie te veel te roer nie.
10 Rys moenie te sag gekook word nie, dit moet steeds al dente wees.
11 Roer beetpuree by tot goed gemeng. Roer ook beetblokkies by.
12 Voeg parmesaankaas, sout en peper by. Roer deur en sit dadelik warm voor.

Wenk Jy kan dikroom saam met die dis saam met ekstra gemaalde swartpeper voorsit