Nie net lyk beet-hoemoes kleurryk nie, dit proe ook lekker!
4 porsies
Foto’s Andrea Caldwell
Bestanddele
500 g beet
400 g (1 blik) kekerertjies
60 ml (¼ k) tahini
skil en sap van 1 suurlemoen
30 ml olyfolie
5 ml (1 t) fyn komyn
knypie paprika
30 ml (2 e) room
sout en peper
Metode
1 Kook beet tot sag. Haal skille af.
2 Gooi alle bestanddele in voedselverwerker en verpulp tot glad.
3 Gooi bietjie water by as mengsel te dik is. Doen dit terwyl masjien loop.
4 Bedien met vars brood of kaas en beskuitjies. Drup ekstra olyfolie bo-oor sodat hoemoes nie uitdroog nie.
WENK Tahini is sesamsaadbotter. Jy kan dit by die meeste groot apteke of supermarkte kry – dis die belangrikste bestanddeel vir hoemoes
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.