Hierdie beet-en-wortel-koek-resep is ’n baie ou resep wat my ma gereeld bak. Die beslag is helderpienk as jy dit aanmaak en word dan bruin as jy dit bak – nogal cool
Deur: Mareli Visser
1 koek
Bestanddele
450 ml (1¾ k) koekmeel
12,5 ml (2½ t) bakpoeier
5 ml (1 t) kaneel
1,25 ml (¼ t) sout
250 ml (1 k) sonneblomolie
375 ml (1½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) rou beet, geskil en gerasper
2 50 ml (1 k) rou wortels, geskil en gerasper
250 ml (1 k) gekapte pekanneute
3 groot eiers, geskei
1,25 ml (¼ t) kremetart
ROOMKAASVERSIERSEL
60 ml (4 e) versiersuiker
120 g roomkaas
15 ml (1 e) heuning sap van een suurlemoen
Metode
Verhit oond tot 180 °C, spuit ’n ringpan, gooi ’n bietjie koekmeel in en skud sodat dit oral vassit.
- Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout saam.
- Klits sonneblomolie en strooisuiker saam.
- Voeg beet, wortels, pekanneute en eiergele by oliemengsel en meng goed.
- Voeg meelmengsel by en meng deur.
- Voeg kremetart by eierwitte en klits styf. Vou by beslag in.
- Skep beslag in ringpan en bak vir 60 minute tot goudbruin en gaar.
- Laat effens in pan koud word en keer op draadrak uit.
- Versiersel Sif versiersuiker en meng roomkaas, heuning en suurlemoensap by tot glad. Bedruip afgekoelde koek daarmee.