Hierdie beet-en-botterskorsie-tertjies is ’n heerlike happie wat maklik is om te maak
6–8 porsies
Bestanddele
8 00 g (2 x 400 g-rolle) gekoopteskilferkorsdeeg
3 middelslag-bete, in klein blokkies gesny
3 00 g botterskorsie, in klein blokkies gesny
bietjie olie
sout en peper
1 25 g (1 sirkel) camembert, in skyfies gesny
Metode
Verhit oond tot 200 °C.
- Plaas beet en botterskorsie op bakplaat. Sprinkel olie, sout en peper bo-oor. Rooster tot groente sag is, ongeveer 20 minute. Laat groente bietjie op bakplaat afkoel.
- Rol skilferkorsdeeg oop en druk sirkels van 12 cm in deursnee uit.
- Verdeel groente tussen skilferkorsdeegsirkels.
- Plaas skyfies camembert op groente.
- Bak vir ongeveer 20 minute of tot deeg goudbruin is.
- Sit warm of teen kamertemperatuur voor.