Namate die aande kouer raak, raak ’n mens lus vir warm tuisgemaakte kos en hierdie resep sal jou nie heeltyd voor die stoof hou nie.
4 porsies
LEES OOK: Maak heerlike spek-en-sampioensop
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) droë pietersielie
400 g beesvleisblokkies
750 ml (3 k) beesvleisaftreksel
410 g (1 blik) gekapte tamaties
375 ml (1½ k) bevrore gemengde groente
125 ml (½ k) droë 4-in-1-sopmengsel (soup mix)
sout en peper na smaak
LEES OOK: Maak geroosterde tamatie-en-soetrissie-sop
Metode:
- Verhit bietjie olie en soteer ui en pietersielie daarin tot sag.
- Voeg vleisblokkies by en braai tot goudbruin.
- Voeg beesvleisaftreksel, gekapte tamaties, bevrore groente en sopmengsel by.
- Plaas deksel op en laat vir 1½ uur of langer oor lae hitte prut tot vleis uitmekaarval.
- Geur met sout en peper na smaak. Sit warm voor.