Hierdie resep vir beesstert is werklik ’n treffer
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 kg beesstert
sout en peper
125 ml (½ k) koekmeel
2 uie, in kwarte gesny
500 ml (2 k) rooiwyn
250 ml (1 k) beesaftreksel
4 tiemietakkies
1 lourierblaar
420 g (1 blik) tamaties
skil van 1 suurlemoen
300 g (1 pakkie) klein wortels
500 g (½ pakkie) klein aartappels
150 g (½ pakkie) vars groenbone
Maak ook bees-en-sampioen-ragoût
Metode
Stel oond op 150 ˚C.
- Verhit olie in swaarboompot. Sprinkel beesstert met sout en peper.
- Rol beesstert in koekmeel en braai in warm pot tot bruin. Hoe bruiner gebraai, hoe ryker sal eindproduk wees.
- Plaas beesstert, uie, rooiwyn, aftreksel, kruie, tamaties en suurlemoenskil in groot oondpan en bedek met foelie.
- Bak vir omtrent twee uur.
- Gooi groente by en bak vir nog ’n uur onder foelie.
- As dis te waterig is, haal foelie af en bak tot sous verdik.