Jou tyd is min en almal is honger. Hier is ‘n gereg wat nie net vinnig is om te maak nie, maar boonop min bestanddele bevat
• 4 porsies
BESTANDDELE
olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
600 g beesvleisblokkies
10 ml (2 t) droë paprika
5 ml (1 t) koekmeel
2,5 ml (½ t) sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
15 ml (1 e) tamatiepasta
410 g (1 blik) gekapte tamaties
2 lourierblare
METODE
1 Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Skep uimengsel uit en hou eenkant.
2 Voeg nog bietjie olie by indien nodig en braai beesvleisblokkies in sarsies tot goudbruin buite-om. Skep uimengsel terug in kastrol.
3 Voeg paprika, koekmeel, sout en swartpeper by beesvleisblokkies.
4 Roer beesvleisaftreksel en tamatiepasta by.
5 Voeg tamaties en lourierblare by. Sit deksel bo-op en prut vir 30 minute oor matige hitte tot sous effens verdik. Verwyder lourierblare.
6 Sit warm saam met koeskoes of pasta voor.