Hierdie bees-en-sampioen-ragoût is vinnig en maklik – perfek vir ’n weeksaand
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
600 g beesvleis, in repe gesny
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2 50 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
30 ml (2 e) tamatiepasta
34 g (1 pakkie) Instant Brown
Onion Gravy (Knorr)
125 ml (½ k) witwyn
375 ml (1½ k) kookwater
sout en peper na smaak
LEES OOK: Braai ‘n kruiebeesrol
Metode
- Verhit olie en braai beesvleisrepies tot aan buitekant verbruin. Skep uit en hou eenkant.
- Verhit nog bietjie olie en soteer ui en knoffel tot ui sag is. Voeg sampioene by en soteer. Skep beesvleisrepies terug in kastrol.
- Meng tamatiepasta en souspoeier met witwyn tot glad.
- Voeg kookwater by en roer tot gemeng.
- Gooi sous oor beesvleisrepies en verhit tot kookpunt. Draai stoofplaat se hitte laer en prut oor matige hitte tot vleis sag is.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Sit saam met rys of kapokaartappels voor.