Maak ’n lekker warm en vullede maaltyd met hierdie bees-bourguignon
4 porsies
BESTANDDELE
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 selderystingel
200 g (1 pakkie) stukkies spek
1,2 kg blokkies beesvleis
125 ml (½ k) koekmeel
500 ml (2 k) rooiwyn
500 ml (2 k) bruinaftreksel
30 ml (2 e) tamatiepasta
3 tiemietakkies
1 lourierblaar
1 groot wortel, geskil en in ringetjies gesny
sout en peper
METODE
1 Braai ui, knoffel en seldery in bietjie olie tot sag. Gooi spek by en braai tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
2 Rol vleis in koekmeel en braai in dieselfde pot tot bruin. Gooi nog olie by indien nodig. As jou pot te klein is, doen dit in sarsies. Dis belangrik dat vleis aan alle kante bruin is.
3 Gooi uiemengsel, rooiwyn, aftreksel, tamatiepasta, tiemie en lourierblaar by vleis.
4 Laat stadig prut tot vleis amper sag is. Gooi wortels by vleis en prut tot alles sag is.
5 Sit met rys of vars brood voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.