Ons leer jou stap-vir-stap om ’n béchamelsous (witsous) te maak!
4 porsies
Bestanddele
warm melk
botter
koekmeel
1 lourierblaar
knypie neutmuskaat
sout en peper
Metode
- Gooi melk in kastrol en bring tot kookpunt.
- Smelt botter in ander kastrol oor matige hitte.
- Voeg meel by botter en roer goed met houtlepel.
- Giet warm melk bietjie vir bietjie by meelmengsel. Roer goed ná elke byvoeging.
- Voeg lourierblaar en geurmiddels by en bring tot kookpunt.
Wenke
- As jy die sous wil bêre, plaas ’n stuk kleefplastiek bo-op sous. Daar moet geen lugholtes tussen die plastiek en die sous wees nie.
- Om weer op te warm, plaas oor stadige hitte en roer goed.
- Gebruik altyd warm melk, dit voorkom klonte.
- Om ’n kaassous te maak, voeg ½ koppie gerasperde kaas by nadat jy die sous van die hitte afgehaal het.
- Gebruik ’n ballonklitser in plaas van ’n houtlepel as jy sien die sous maak klonte