
Almal kort ’n basiese pannekoekresep, gebruik die een van ons!
25–30 pannekoeke
Bestanddele
375 ml (1½ k) water
375 ml (1½ k) melk
2 eiers
7,5 ml (1½ t) witasyn
430 ml (1¾ k) koekmeel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
60 ml (¼ k) olie
Metode
- Klits water, melk, eiers en asyn goed saam.
- Sif meel, bakpoeier en sout saam en gooi alles by nat bestanddele. Klits met elektriese klitser tot glad.
- Klits olie by mengsel. Laat staan vir ’n uur.
- Gooi bietjie olie in pan en laat op medium tot dit warm word.
- Skep net genoeg deeg om oppervlak van pan te bedek.
- Rol pan om deeg oral te versprei.
- Draai om sodra borreltjies vorm en deeg van rand wegtrek en bak vir nog ongeveer 30 sekondes.
