Maak Bar-One blokkies vir die wat lief is vir iets soet
48 blokkies
BESTANDDELE
250 g (½ blok) botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
200 g (4 k) Coco Pops
125 ml (½ k) klapper
50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
82 ml (¹/³ k) kakao
500 ml (2 k) versiersuiker
BOLAAG
200 g (2 x 100 g-stafies) Bar-One grofgekap
60 ml (4 e) botter
METODE
1 Smelt botter oor lae hitte in kastrol. Roer vanieljegeursel by.
2 Meng Coco Pops, klapper en pekanneute in mengbak.
3 Sif kakao en versiersuiker bo-oor Coco Pops-mengsel en roer goed.
4 Voeg Coco Pops-mengsel by botter en roer tot goed gemeng.
5 Druk mengsel in bak van 30 cm x 20 cm wat met bakpapier uitgevoer is. Maak gelyk bo-op.
6 Bolaag Smelt Bar-One-stafies en botter oor lae hitte in kastrol.
7 Gooi sjokolademengsel bo-oor Coco Pop-mengsel in bak. Plaas in yskas tot gestol.
8 Sny in blokkies van 2,5 cm x 2,5 cm.