Is jy op dié lae-koolhidraat-dieet? Maak hierdie lekker saadbeskuit!
ongeveer 24 stukke
Bestanddele
500 ml (2 k) amandelmeel
250 ml (1 k) klapper
1 25 ml (½ k) amandels, redelik fyngekap
125 ml (½ k) sonneblomsaad
80 ml papawersaad
80 ml sesamsaad
187 ml (¾ k) lynsaad (flaxseed)
187 ml (¾ k) poeierversoeter (xylitol)
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
250 g (½ blok) botter
250 ml (1 k) room
4 eiers
MAAK OOK: Banting: Brownies
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng amandelmeel, klapper, amandels, sonneblomsaad, papawersaad, sesamsaad, lynsaad, versoeter, bakpoeier en sout saam in mengbak.
- Smelt botter tot net gesmelt. Verwyder van hitte en roer room by. Klits eiers liggies en roer by bottermengsel.
- Giet mengsel by droë bestanddele en roer tot gemeng.
- Voer oondpan van 20 cm x 30 cm met bakpapier uit en smeer met botter of gebruik twee broodpanne van ongeveer 26 cm x 10 cm.
- Bak vir 25 minute of tot gaar. Laat goed afkoel in oondpan en sny in vingers.
- Haal beskuitvingers uit, pak op bakplate en droog vir ses uur of oornag teen 60–70 °C in oond uit.
- Berg in lugdigte houer.