Hoe lekker lyk hierdie murgpampoentjie-en-feta-poffers nie! Maak dit sommer vandag nog
4 porsies
Bestanddele
klont botter
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 middelslag-murgpampoentjies, gerasper
125 ml (½ k) amandelmeel
knypie bakpoeier
sout en peper na smaak
1 sirkel fetakaas, gekrummel
2 eiers
avokado-olie om in te braai
MAAK OOK: Banting: Korslose spek-en-spinasie-quiche
Metode
- Verhit botter en soteer ui en knoffel tot sag.
- Druk ergste vloeistof van murgpampoentjies uit en roerbraai vir twee minute. Verwyder van hitte.
- Meng amandelmeel, bakpoeier, sout en peper en voeg by groentemengsel. Meng fetakaas by.
- Klits eiers met vurk en roer by groentemengsel.
- Verhit olie in braaipan, skep eetlepels vol beslag in olie en braai tot goudbruin aan een kant. Draai om en braai ander kant.
- Sit warm of teen kamertemperatuur voor.