Hier is ’n lekker resep vir lasagne wat banting-vriendelik is!
4 porsies
Bestanddele
WITSOUS
30 ml (2 e) botter
7,5 ml (1½ t) psylliumvesel
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) water
sout en peper
VULSEL
klapperolie
2 hoenderborsies, in klein blokkies gesny
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
420 g (1 blik) gekapte tamaties
2 medium grootte murgpampoentjies
1 eiervrug
100 g jong spinasie
250 ml (1 k) gerasperde kaas
Metode
Verhit oond na 180 ˚C.
- Sous Smelt botter en roer psylliumvesel by. Roer room en water by en laat kook tot dik. Geur met sout en peper.
- Vulsel Verhit bietjie klapperolie en braai hoender tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
- Braai uie en knoffel tot sag en roer hoender en tamaties by. Laat kook tot dikker.
- Skil lang repe van murgpampoentjies.
- Sny eiervrug in lang skywe.
- Pak helfte van groente onder in groot glasbak, gevolg deur hoendermengsel en witsous. Herhaal proses.
- Sprinkel met gerasperde kaas en bak vir 35 minute of tot borrelend en goudbruin.