Hierdie korslose spek-en-spinasie-quiche is ideaal vir banters!
6 porsies
Bestanddele
klont botter
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
500 g (2 x 250 g-pakkies) spek, in blokkies gesny
300 g (1 bos) spinasie, gewas, ontstingel en fyngekap
sout en peper na smaak
knypie neutmuskaat
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
6 eiers
125 ml (½ k) room
MAAK OOK: Banting: Brownies
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Smelt botter en soteer ui en knoffel tot sag.
- Voeg spek by en braai tot gaar.
- Voeg spinasie by en roer tot spinasie verwelk is.
- Geur na smaak met sout en peper. Roer neut by.
- Skep spek-en-spinasie-mengsel in oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm wat met botter gesmeer is.
- Klits eiers en roer room daarby.
- Giet oor gereg.
- Bak vir 25 minute of tot gestol in middel.