Lus vir brownies maar jy bant? Probeer die lekker resep!
12 blokke
Bestanddele
125 ml (½ k) kakao
5 ml (1 t) sterk koffiepoeier
1 ml koeksoda
1 ml sout
125 ml (½ k) amandelmeel
5 ml (1 t) amandelbotter
125 ml (½ k) pekanneute, gekap
60 ml (4 e) klapperolie
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) xylitol
MAAK OOK: Banting: Blomkoolrysslaai
Metode
Stel oond op 160 °C.
- Voer pan van 20 cm x 20 cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.
- Meng al die bestanddele in mengbak met houtlepel tot glad.
- Skep deeg in pan en maak gelyk bo-op.
- Bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat in pan afkoel en sny in 12 blokke. Keer op afkoelrakkie uit en laat tot heeltemal afgekoel.
- Berg in lugdigte houer.