Hier is ’n resep vir baklavarolletjies
20–24 rolletjies
Bestanddele
Stroop
187 ml (¾ k) witsuiker
200 ml (¾ k + 1 e) water
100 ml (6 e + 2 t) heuning
2 heel naeltjies
1 kaneelstokkie of 2 ml fyn kaneel
60 ml (4 e) vars suurlemoensap
Vulsel
5 0 g (½ pakkie) gekapte pekanneute, fyner gekap
6 0 ml (¼ k) vars witbroodkrummels
60 ml (¼ k) witsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
30 ml (2 e) gesmelte botter
6 velle fillodeeg
125 g (¼ blok) gesmelte botter om fillo te smeer
Metode
- Stroop Plaas bestanddele in kastrol en bring tot kookpunt.
- Kook stroop vir 12 tot 15 minute tot effens verdik. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.
- Vulsel Meng fyngekapte neute, broodkrummels, suiker, fyn kaneel en gesmelte botter saam. Dit moet effe aan mekaar klou. As mengsel te los is, voeg nog bietjie gesmelte botter by.
- Sny elke fillodeegvel in vier ewe lang stroke. Hou fillodeeg heeltyd bedek met klam vadoek sodat dit nie uitdroog nie.
- Skep 5–10 ml van vulsel aan onderkant van een fillodeegstrook.
- Verf fillodeegstrook goed met gesmelte botter. Gee beginpunt ’n rol om vulsel bymekaar te hou. Dit sal soos rolletjie begin lyk.
- Vou 1 cm aan albei kante van fillodeegrolletjie na binne en rol verder op. Verf weer gesmelte botter bo-oor klaar rolletjie.
- Doen dieselfde met oorblywende bestanddele.
- Plaas klaar rolletjies met entjies uitmekaar op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
- Stel oond op 180°C en bak rolletjies vir 18 tot 20 minute of tot goudbruin.
- Dompel warm gebakte rolletjies in afgekoelde stroop vir ongeveer een minuut. Haal uit en bêre in verseëlde houer.