Soet, krakerige neuthappies in ’n japtrap. Gebruik enige neute waarop jy jou hande kan lê en bedien hierdie baklava bakkies as ietsie soets ná ete
24 mini-happies
Bestanddele
24 mini-fillobakkies
125 ml (½ k) pekanneute
125 ml (½ k) pistasieneute
30 ml (2 e) sagte bruinsuiker
2,5 ml (½ t) kaneel
30 ml (2 e) botter, gesmelt
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) water
1 stuk pypkaneel
45 ml (3 e) heuning
lemoenbloeiselgeursel
Metode
Stel oond op 160 °C.
- Kap neute grof.
- Meng neute, bruinsuiker, kaneel en gesmelte botter.
- Skep teelepel vulsel in elke bakkie.
- Bak vir 10 minute.
- Kook suiker, water en kaneel vir drie minute terwyl geroer word.
- Verwyder van hitte en roer heuning en geursel by.
- Skep warm stroop oor warm happies in pan.
- Laat afkoel en bedien.
Wenk
Vir mini-fillobakkies gebruik ’n minikolwyntjiepan en sny filloblokkies in vierkante van 7 cm x 7 cm