Beïndruk jou mense en bak ‘n toring oliebolle!
36 mini-oliebolle
OLIEBOLLE
375 ml (1½ k) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
125 g (¼ blok) sagte botter
1 ekstragroot eier
187 ml karringmelk
125 ml (½ k) strooisuiker
VERSIERSUIKER
45 ml (3 e) water
60 ml (4 e) sagte botter
60 ml (4 e) strooisuiker
330 ml (11/3 k) versiersuiker, gesif
AFRONDING
60 ml (4 e) versiersuiker
vars roosblare
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
- Klits botter twee minute tot liggeel. Klits eier en karringmelk by. Roer strooisuiker by.
- Roer meelmengsel by tot deeg vorm.
- Maak oliebolmaker (donut maker) warm en skep onderste gedeeltes van holtes vol deeg.
- Bak vir drie minute of tot goudbruin.
- Skep uit en laat op afkoelrakkie afkoel.
- Versiersuiker Plaas water, botter en strooisuiker in kastrol en smelt oor matige hitte. Roer tot suiker opgelos is.
- Roer versiersuiker by gesmelte mengsel.
- Skep oor oliebolle.
- Laat staan tot versiersel stol.
- Pak oliebolle op mekaar op koekstander.
- Sif versiersuiker oor oliebolle.