Hierdie spinasie-en-parmesaan-soufflé is heerlik en bowenal laag in koolhidrate ook
Soufflé
12 bakkies
BESTANDDELE
60 ml (¼ k) broodkrummels
1 pak (170 g) jong spinasie
160 ml (2/3 k) melk
30 ml (2 e) koekmeel
knippie sout
knippie swartpeper
knippie neutmuskaat
60 ml (¼ k) parmesaankaas
2 groot eiergele
4 groot eierwitte
1,25 ml (¼ t) kremetart
METODE
Voorverhit oond tot 220 °C en plaas bakplaat in oond om te verhit. Spuit soufflébakkies met kleefwerende sproei en bedek met broodkrummels. Gooi ekstra krummels uit.
1 Blansjeer spinasie en gooi water af. Druk vloeistof uit spinasie en kerf fyn.
2 Verhit melk, koekmeel, sout, peper en neutmuskaat en klits terwyl dit kook totdat mengsel dik is, sowat twee minute. Laat mengsel vir tien minute afkoel. Meng spinasie, parmesaan en eiergele.
3 Klits eierwitte en kremetart tot styf en meng kwart daarvan by mengsel. Vou res van eierwit by mengsel in.
4 Skep beslag in bakkies en tik liggies. Plaas in oond op warm bakplaat. Verminder temperatuur na 180 °C en bak vir 20 minute tot gaar.
5 Sit dadelik voor.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.