Bak heerlike kaas-en-mieliebotterbroodjies om saam met ‘n slukkie of twee OBiKWA wyn af te sluk
• Bedien 6
Bestanddele
875 ml (3½ k) bruismeel
15 ml strooisuiker
5 ml sout
60 g koue botter, grof gerasper
375 ml (1½ k) melk
30 ml grasuie, fyngekap
1 mielie, gekook, pitte afgesny
200 ml gerasperde cheddarkaas
30 ml heelkorrelmosterd
ekstra melk, om te smeer
Stel oond op 200°C
Metode
1 Plaas meel, suiker en sout in groot bak.
2 Voeg botter by en vryf in tot dit soos broodkrummels lyk.
3 Maak holte in middel. Voeg melk, grasuie, mielies en driekwart van kaas by. Gebruik platlemmes en meng liggies tot deeg net saamkom. Plaas op oppervlak wat lig met meel bestrooi is.
4 Knie liggies. Druk deeg tot dit 3 cm dik is. Gebruik ronde drukker van 10 cm, druk dit in meel en druk dan skons uit. Rangskik skons op gesmeerde bakplaat met een in middel en ander rondom dit. Laat skons aan mekaar raak. Verf skons met ekstra melk en sprinkel oorblywende kaas oor. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin.