Muffins kan gesond wees!
• 24 muffins
BESTANDDELE
2 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) avokado-olie
187 ml (¾ k) Huletts Sugalite
500 ml (2 k) vetvrye melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 appels, geskil, ontpit en gerasper
500 ml (2 k) semels (digestive bran)
250 ml (1 k) volkoringmeel
250 ml (1 k) hawersemels (oatbran)
187 ml (¾ k) koekmeel
1 ml sout
10 ml (2 t) koeksoda
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
Stel oond op 180 °C.
1 Klits eiers en avokado-olie saam in mengbak vir 2 minute. Roer Sugalite by.
2 Roer melk, vanieljegeursel en gerasperde appel by.
3 Meng semels, volkoringmeel, hawersemels, koekmeel, sout, koeksoda en kaneel bymekaar.
4 Roer meelmengsel by eiermengsel tot deeg vorm.
5 Skep deeg in muffinpanne wat met muffinpapiertjies uitgevoer is tot ¾ vol.
6 Bak vir 15 minute of tot toetspen skoon uitkom.